Wednesday, 13 April 2016

Optel en Aftrek


Vak : Wiskunde
Graad : 1
Lestema : Optel en Aftrek somme
Tydsduur : 45 min
1.    Hoofdoel

Die hoofdoel is om die kinders te leer hoe om op te tel en hoe om af te trek asook die kinders se wiskkundige vaardighede te verbeter en te ontwikkel.

                      

2.    Doelwitte

Aan die einde van die les sal die kinders in staat wees om die volgende te kan doen:
·         Om die verskil tussen die simbole te identifiseer(optel(+) en aftrek(-))
·         Stimuleer breinontwikkeling
·         Om die probleme in die toekoms te kan identifiseer en op te los

                         


3.    Aannames

Leerders weet reeds hoe om te tel en kan die getalle reeds skryf. Leerders moet weet van watter kant af om die getal te kan lees.
 



4.    Verwagte probleme

·         Hulle kan deurmekaar word met die simbole
·         Leerders kan deurmekaar word met hoe die getalle geskryf moet word, bv. 5-7 kan gesien word as 7-5 en 17 as 71
·         Leerders kan sukkel om op die bord te sien of sukkel om die multimedia te sien
·         Leerders kan saam in ‘n groep op die mat gaan sit om beter te kan sien
·         Visuele beelde vir die kinders te skep as gevolg van swak beelde van multimedia

                             
5.    Hulpbronne wat gebruik gaan word:
·         Video’s
·         Flitskaarte
·         Speletjie en werksopdrag gekombineer
6.    Les prosedure
«  Inleiding stadium:
Tyd: 5 min

Prosedure: 1.   Die juffrou sal die onderwerpe van die les verduidelik.
2.    Daarna sal 2 video’s van optel en aftrek somme vir die leerders gewys word(2 min).
3.    Die leerders sal ‘n aktiwiteit doen wat deur flitskaarte gelei sal word.
Stadium doelwitte: Die leerders moet in staat wees om die 2 verskillende simbole te identifiseer.

                                                     
«  Onderrig en leer stadium
Tyd: 20 min

Prosedure: ‘n Speletjie sal gespeel word:
1.    Die leerders sal in groepies verdeel word van 4 per groupie.
2.    Elke groupie sal ‘n papier ontvang met die aktiwiteit daarop, wat die juffrou aan hulle sal verduidelik.
3.    Die leerders kry dan ‘n geleentheid om die speletjie te speel.
4.    Die groupie wat eerste klaar is en die meeste korrekte antwoorde het, kry ‘n prys.

Stadium doelwitte: Identifiseer die verskillende simbole. Die onderwyser praat oor optel en aftrek in geheel.

                                
«  Konsolidasie fase
Tyd: 10 min

Prosedure: Die aktiwiteit sal gemerk en bespreek word deur die onderwyser.
Stadium doelwitte: Die onderwyser praat oor optel en aftrek.

«  Huiswerk

Prosedure: ‘n Werksopdrag sal aan elke leerder gegee word om te voltooi.
7.    Aanbieding van hulpbronne

a.    Flitskaarte

b.    Speletjie

-       Glyplank en leertjie somme


-       Memo


c.    Huiswerk
-       Vissie somme


No comments:

Post a Comment