Vak : Wiskunde
Graad : 1
Lestema : Optel en Aftrek somme
Tydsduur : 45 min
1. Hoofdoel
|
Die hoofdoel is om die
kinders te leer hoe om op te tel en hoe om af te trek asook die kinders se
wiskkundige vaardighede te verbeter en te ontwikkel.
|
2. Doelwitte
|
Aan die einde van die
les sal die kinders in staat wees om die volgende te kan doen:
·
Om
die verskil tussen die simbole te identifiseer(optel(+) en aftrek(-))
·
Stimuleer
breinontwikkeling
·
Om
die probleme in die toekoms te kan identifiseer en op te los
|
3. Aannames
|
Leerders weet reeds
hoe om te tel en kan die getalle reeds skryf. Leerders moet weet van watter
kant af om die getal te kan lees.
|
4. Verwagte
probleme
|
·
Hulle
kan deurmekaar word met die simbole
·
Leerders
kan deurmekaar word met hoe die getalle geskryf moet word, bv. 5-7 kan gesien
word as 7-5 en 17 as 71
·
Leerders
kan sukkel om op die bord te sien of sukkel om die multimedia te sien
·
Leerders
kan saam in ‘n groep op die mat gaan sit om beter te kan sien
·
Visuele
beelde vir die kinders te skep as gevolg van swak beelde van multimedia
|
5. Hulpbronne
wat gebruik gaan word:
|
·
Video’s
·
Flitskaarte
·
Speletjie
en werksopdrag gekombineer
|
6. Les
prosedure
|
« Inleiding
stadium:
|
Tyd: 5 min
Prosedure: 1.
Die juffrou sal die onderwerpe van die les verduidelik.
2.
Daarna
sal 2 video’s van optel en aftrek somme vir die leerders gewys word(2 min).
3. Die leerders sal ‘n aktiwiteit doen
wat deur flitskaarte gelei sal word.
Stadium doelwitte: Die leerders moet in staat wees om
die 2 verskillende simbole te identifiseer.
|
« Onderrig
en leer stadium
|
Tyd: 20 min
Prosedure: ‘n Speletjie sal gespeel word:
1. Die leerders sal in groepies verdeel
word van 4 per groupie.
2. Elke groupie sal ‘n papier ontvang
met die aktiwiteit daarop, wat die juffrou aan hulle sal verduidelik.
3. Die leerders kry dan ‘n geleentheid
om die speletjie te speel.
4. Die groupie wat eerste klaar is en
die meeste korrekte antwoorde het, kry ‘n prys.
Stadium doelwitte: Identifiseer die verskillende
simbole. Die onderwyser praat oor optel en aftrek in geheel.
|
« Konsolidasie
fase
|
Tyd: 10 min
Prosedure: Die aktiwiteit sal gemerk en
bespreek word deur die onderwyser.
Stadium
doelwitte: Die
onderwyser praat oor optel en aftrek.
|
« Huiswerk
|
Prosedure: ‘n Werksopdrag sal aan elke leerder
gegee word om te voltooi.
|
7. Aanbieding
van hulpbronne
|
a.
Flitskaarte
b.
Speletjie
-
Glyplank en leertjie somme
-
Memo
c.
Huiswerk
-
Vissie somme
|